Negemyah 2:17-18

Negemyah 2:17-18 PWL

Toe het ek vir hulle gesê: “Julle sien die benoudheid waarin ons is, want let op, Yerushalayim lê verwoes en sy poorte is met vuur verbrand; kom, laat ons die muur van Yerushalayim bou sodat ons nie langer ’n bespotting sal wees nie.” Toe het ek hulle vertel van die hand van my God wat goed was oor my en ook van die woorde van die koning wat hy vir my gesê het. Hulle het gesê: “Laat ons opstaan en bou!” Hulle het hul hande versterk vir hierdie goeie werk,