Iyov 4
4
1Toe antwoord Élifaz, die Temaniet en sê:
2“As ek dit waag om met jou te praat, sal jy vermoeid wees, maar wie kan homself keer om met jou te praat?
3Let op, jy het baie mense gedissiplineer en die swak hande versterk.
4Jou woorde het die swakkeres opgelig en jy het die swak knieë versterk,
5maar nou dat rampe oor jou kom en jy vermoeid is, raak dit jou en is jy beangs!
6Let op, jou vrees en jou vertroue in die integriteit van jou lewenswyse, dra die skuld.
7Onthou, vra ek van jou, wie het onskuldig omgekom, of waar is die opregte ooit beskaamd?
8Volgens wat ek gesien het: hulle wat boosheid ploeg en moeilikheid saai, oes dieselfde.
9Deur die asem van God kom hulle om en deur die geblaas van Sy woede word hulle verteer. 2 Thes 2:8
10Die gebrul van die leeu en die stem van die jong leeu word stilgemaak en die tande van die leeus word gebreek.
11Die leeu gaan dood weens gebrek aan prooi en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
12Nou is ’n ding in die geheim na my toe gebring en my oor het ’n bietjie daarvan ontvang.
13In stilte, in ’n nagvisioen, wanneer diep slaap op mense val,
14het vrees en bewing oor my gekom, wat al my bene laat bewe het.
15Toe gaan daar ’n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgestaan.
16Toe het ek opgestaan, maar ek kon hom nie herken nie, daar was geen vorm voor my oë nie, maar ek het ’n sagte stem hoor sê:
17‘Sal ’n sterflike mens regverdiger as God verklaar word, of ’n man reiner wees as sy Maker?’
18Let op, Hy plaas geen vertroue in Sy diensknegte nie en Sy boodskappers word met verwondering geslaan.
19Selfs hulle wat in versierde huise van klei bly, wie se fondasie in die stof is, sal verneder word voor die dik duisternis.
20Vanaf oggend tot aand word hulle verpletter dat hulle nie vir ewig mag bly nie, ja, hulle sal omkom.
21Let op, hulle besittings word van hulle af weggevat en die res van hulle sal sterf sonder wysheid.
Tans Gekies:
Iyov 4: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.