Iyov 30
30
1maar nou lag hulle vir my, hulle wat minder as ek is,
2wie se vaders ek verag het en hulle nie gelyk geag het aan die honde (wat oud geword het) van my troppe vee nie.
3Ja, die krag van hulle hande, watter nut sou dit vir my wees?
4Hulle het hul krag volkome verloor.
5Hulle is gedwing deur die allernoodsaaklikste, soos ’n dief wat van sy voete afgevee word,
6vlugtend om te bly in die kranse van die valleie, grotte van die aarde, in skeure,
7in rotsagtige plekke en onder bosse.
8Die kinders van dwase sal omvergewerp word saam met die kinders van die bose; hulle sal laer afgebring word as die aarde
9en nou is ek die voorwerp van hulle spottery, ja, ek het vir hulle ’n spotwoord geword.
10Hulle verag my, vlug ver van my af en laat nie na om in my gesig te spoeg nie
11omdat hulle begin het om in my gesig te lag en my te verneder; hulle het ook hulle teuels in my mond gesit.
12Hulle staan op teen my regterhand, hulle het my gepootjie; hulle het my verwar deur die verdraaidheid van hulle lewenswyse.
13Hulle verwoes my paaie sonder rede, hulle is verheug oor wat oor my gekom het; hulle sal geen helper hê nie.
14Hulle sal ’n groot vernietiging ly; hulle sal gebreek word deur die tornado,
15want hulle het angs oor my gebring, my paaie agtervolg soos die wind en my hulp het weggegaan soos ’n wolk.
16Nou is my lewe moeg; die dae van ellende het my beetgepak.
17In die nag is my gebeente in pyn en my liggaam het geen krag nie.
18Ek het my kleed aangetrek en my omvou met my bo-kleed,
19maar hulle het my in die modder gegooi en ek het geword soos stof en as.
20Ek roep uit na U en U antwoord my nie; ek staan op en U neem my nie in ag nie.
21U het my behandel soos ’n vyand teen U, met U sterk hand my teruggehou.
22U lig my op na die wind, U laat my daarop ry en dan beproef U my en maak my ellendig
23en tog weet ek dat U my sal terugbring vanaf die dood na die bymekaarkomplek van alles wat lewe,
24maar Hy sal nie Sy hand teen my uitsteek nie en wanneer ek na Hom uitroep, sal Hy my red.
25Ek het in die dag gehuil vir die armes; my lewe het getreur vir die vaderloses,
26maar toe ek uitgekyk het vir die goeie, het boosheid gekom en toe ek gewag het vir lig, het duisternis gekom.
27My binneste is rondgeskud en het nie gerus nie; dae van ellende het oor my gekom.
28Ek het treurend geloop sonder om gegrief te wees, ek het opgestaan en gehuil in die vergadering.
29Ek het ’n broer geword vir die jakkalse en ’n vriend vir die volstruise.
30My vel het gekrimp om my en my gebeente is gebrand asof met hitte.
31My harp verander in ’n klaaglied en my panfluit na die stem van hulle wat huil.
Tans Gekies:
Iyov 30: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.