Iyov 26
26
1Toe het Iyov geantwoord en gesê:
2“Hoekom probeer jy hom help wat kragteloos is, hoekom probeer jy die arm help wat geen krag het nie?
3Hoe het jy hom raad gegee wat geen wysheid het nie en hoe het jy soveel leerstellinge bekend gemaak?
4Tot wie het jy woorde gepraat en wie se gees het uit jou uitgegaan?
5Let op, die magtige manne sal doodgemaak word en hulle sal stiller lê as stil waters.
6Sh’ol is kaal voor Hom en vernietiging het geen bedekking nie.
7Hy strek die noorde uit vanuit die leegheid en hang die aarde aan niks;
8Hy bind die waters op in Sy dik wolke en die wolke skeur nie onder dit nie.
9Hy hou die bedekking van die lug vas en strek Sy wolke daarin uit.
10Hy het die waters omring met grense totdat die dag en nag tot ’n einde kom.
11Die pilare van die hemel bewe en staan verstom by Sy berisping.
12Hy bestraf die see met Sy krag en deur Sy insig maak Hy die trotses dood.
13Deur Sy Gees beheer Hy die hemele; Sy hand het die vlugtende slang neergeslaan.
14Let op, hierdie is maar net deel van Sy metodes en watse boosheid het ons teen Hom gehoor? Wie kan die grootheid van Sy mag verstaan?”
Tans Gekies:
Iyov 26: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.