Hebreërs 11
11
1Vertroue is die oortuiging aangaande daardie dinge wat in versekerde verwagting is, Hav 2:4 asof dit daardie dinge in aksie is en die openbaring van die dinge wat nie gesien word nie, Ps 89:18
2want deur dít was daar ’n getuienis vir die mense van ouds.
3Deur vertroue Gen 1:1-3,6,9,14,20,26; Ps 33:6 verstaan ons dat die wêreld gevorm is deur die woorde van God en die dinge wat gesien kan word, bestaan vanuit die wat nie gesien kan word nie.
4Deur vertroue het Hevel ’n baie beter offer aan God gebring as Kayin, waardeur daar vir hom ’n getuienis is dat hy onskuldig is en God self getuig oor sy offer en as gevolg daarvan praat hy steeds terwyl hy dood is. Gen 4:3-10
5Deur vertroue is Hanokh weggevat om die dood nie te sien nie en hy is nie gekry nie omdat God hom weggevat het, want voordat hy weggevat is, was daar van hom die getuienis dat hy God tevrede gestel het. Gen 5:24
6Sonder vertroue kan geen mens Hom tevrede stel nie, Num 14:8,11 want hy wat nader aan God gebring word, is dit verskuldig om te vertrou dat Hy bestaan en die Beloner is van dié wat Hom soek. Mar 9:23; Rom 1:17
7Deur vertroue het Noag, toe daar met hom gepraat is oor die dinge wat nog nie gesien is nie, aanbid en die ark vir homself gebou vir die lewe van die kinders in sy huishouding, waardeur hy die wêreld veroordeel het en hy die erfgenaam geword het van onpartydige opregtheid, wat in vertroue is.
8Deur vertroue het Avraham, toe hy geroep is, Gen 12:1-5 gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy, deur te gaan, as ’n erfenis sou ontvang en het hy uitgegaan sonder om te weet waarheen hy gaan. Neg 9:7-8
9Deur vertroue het hy as ’n vreemdeling gaan bly in die land wat aan hom belowe is en in tente gebly saam met Yitz’gak en Ya’akov, kinders van sy erfenis van die belofte, Gen 12:8; 13:15
10want hy het die stad met fondasies deur God, die Argitek en Bouer, verwag.
11Deur vertroue het Sarah, wat onvrugbaar was, ook die vermoë ontvang om bevrug te word en toe sy oor die leeftyd was, het sy geboorte gegee omdat sy seker was dat Hy wat dit beloof het, vertrouenswaardig is;
12daarom is daar ook uit een wat gefaal het in ou ouderdom, soveel soos die sterre van die hemel en soos die sand aan die seestrand, Gen 15:5-6; 22:17; Deut 1:10 wat nie getel kan word nie, gebore.
13In vertroue is hulle almal dood, sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit op ’n afstand gesien en hulleself daarin verheug en het erken dat hulle vreemdelinge en nomades op aarde is, Gen 47:9
14want die wat sulke dinge sê, wys dat hulle vir hulle ’n stad soek.
15As hulle na dié stad waaruit hulle weggetrek het, gesoek het, was daar vir hulle tyd om weer daarheen terug te gaan,
16maar nou is dit duidelik dat hulle na ’n beter een verlang; na dit wat in die hemel is; daarom skaam God Hom nie vir hulle om húlle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ’n stad voorberei.
17Deur vertroue het Avraham, toe hy getoets is, Yitz’gak geoffer en sy enigste seun op die altaar gelê; hom wat hy as die belofte ontvang het,
18aan wie gesê is: “In Yitz’gak sal jou nageslag genoem word.” Gen 21:12
19Hy het vrede gemaak in homself dat dit in God se hand is om uit die dood uit op te wek, waaruit hy hom ook, om ’n vergelyking te maak, terug ontvang het.
20Deur vertroue van wat nog moet gebeur, het Yitz’gak vir Ya’akov en `Esav geseën.
21Deur vertroue het Ya’akov toe hy sterwend was, al die seuns van Yosef geseën en neergebuig op die knop van sy staf. Gen 47:31
22Deur vertroue het Yosef, toe hy sterwend was, gepraat van die uittog van die kinders van Yisra’el en opdrag gegee aangaande sy gebeente. Gen 50:24,25
23Deur vertroue het Mosheh se ouers hom, ná sy geboorte, drie maande lank weggesteek toe hulle gesien het dat die kind mooi was Eks 2:1-10 en hulle was nie bang vir die opdrag van die koning nie.
24Deur vertroue het Mosheh, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word.
25Hy het vir homself verkies om in droefheid saam met die mense van God te wees, eerder as om vir ’n kort tydjie sonde te geniet Eks 2:11
26en die belediging van Die Gesalfde Een groter rykdom geag as die skatte van Mitzrayim, want hy het gefokus op die uitbetaling van die beloning.
27Deur vertroue het hy weggegaan uit Mitzrayim, sonder om bang te wees vir die woede van die koning, want hy het uitgehou soos een wat God, die Onsienlike, sien.
28Deur vertroue het hy die Pesag gehou en die bloed gesprinkel sodat hy wat die eersgeborenes vernietig het hulle nie kon aanraak nie.
29Deur vertroue het hulle deur die Sufsee gegaan soos oor droë grond terwyl die Mitzrayimiete, toe hulle dit gewaag het, ingesluk is.
30Deur vertroue het die mure van Yerigo geval nadat dit vir sewe dae omring was.
31Deur vertroue het Ragav, die hoer, nie saam met die ongelowiges vergaan nie omdat sy die spioene in vrede ontvang het.
32Wat sal ek nog meer sê? Daar is te min tyd om te vertel van Gid’on, Barak, Shimshon, Yiftag, Dawid, Sh’mu’el en die ander profete,
33wat deur vertroue koninkryke oorwin en regverdige oordeel gebring het, beloftes ontvang het, die bekke van leeus toegemaak het, Dan 6:23; 11:33
34die krag van vuur uitgeblus het, die skerpte van die swaard ontvlug het, versterk is vanuit siekte, kragtig in geveg geword en die kampe van die vyand omvergewerp het.
35Hulle het aan vroue hulle kinders gegee wat opgestaan het uit die dood uit en ander is deur marteling dood, sonder om bevryding te verwag sodat hulle ’n beter opstanding kan verkry.
36Ander het die toets van bespottinge en géselinge deurstaan, ander is aan kettings en selle oorgegee,
37ander is gestenig, ander is in die helfte deurgesaag, ander is deur die swaard dood, ander het rondgeloop in skaap- en in bokvelle, het gebrek gely, is verdruk en geslaan.
38Die wêreld was hierdie mense nie waardig nie; hulle was soos rondlopers in verlate plekke, op berge, in grotte en gate in die grond
39en alhoewel hulle almal getuienis van vertroue gehad het, het hulle die belofte nie ontvang nie
40omdat God vooruit gesien het om ons te help sodat hulle nie sonder ons die volmaaktheid sou bereik nie.
Tans Gekies:
Hebreërs 11: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.