Hebreërs 1
1
1Oor alle onderwerpe en op allerhande maniere het God vroeër deur die profete gepraat met ons vaders
2en in hierdie laaste dae het Hy met ons deur Sy Seun, wat Hy as Erfgenaam van alles aangestel het, gepraat. Ps 2:8 In Hom het Hy die uitspansel onderwerp, Kol 1:16
3want Hy is die helder Skynsel van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid en die Beeld van Sy Wese Num 12:8; Yog 14:9; Kol 1:15 en hou alle dinge in stand deur die boodskap van Sy wonderwerkende krag. Hy, in Sy Persoon, het die reiniging van ons sondes volbring en gaan sit aan die regterhand Ps 110:1 van HaG’dulah BaM’romim (Die Grootheid in die Hoogte). 1 Kro 29:11
4Díé Een is in alles groter as die engele, volgens die mate waarin die Karakter en Outoriteit (Naam) wat Hy geërf het, meer uitstekend is as hulle s’n,
5want aan watter een van die engele het God ooit gesê: “Jy is My Seun, Ek het vandag geboorte gegee aan Jou?” Ps 2:7; Hand 13:33; Heb 5:5 Ook: “Ek sal vir Hom ’n Vader wees en Hy sal vir My ’n Seun wees?” Luk 3:22
6Weer, wanneer Hy die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy ook: “Al die engele van God moet Hom eer bring,”
7maar van die engele praat Hy so: “Hy maak van Sy engele winde en van Sy bedienaars vlamme van vuur.” Ps 104:4
8Met betrekking tot die Seun sê Hy egter: “U troon, o Magtige met outoriteit, is vir tydlose ewigheid, die septer van U Koninkryk is ’n reguit, suiwer septer. Yes 9:6-7; Ps 89:15; Ps 97:2; Ps 110:2
9U het onpartydige opregtheid liefgehad en die wetsoortreders gehaat; Ps 5:6 daarom het God, U God, U gesalf met die olie van vreugde bo U kamerade.” Ps 45:7-8
10Weer: “U het van die oorsprong af die fondasies van die aarde gelê en die hemele is die werke van U hande.
11Hulle sal verbygaan en U sal bly en hulle sal almal soos ’n kledingstuk verslyt
12en soos ’n mantel sal U hulle toevou en hulle sal verander word, maar U is die Ewige God en U jare sal nie ophou nie.” Ps 102:26-28
13Aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: “Sit aan My regterhand totdat Ek U vyande ’n voetstoel onder U voete gemaak het?” Ps 110:1
14Let op, is hulle nie almal dienende geeste wat vir dienswerk uitgestuur word ter wille van dié wat die lewe sal beërwe nie?
Tans Gekies:
Hebreërs 1: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.