'Ezra 2:68-69
'Ezra 2:68-69 PWL
Sommige van die hoofde van die vaders het, toe hulle by die huis van יהוה kom wat in Yerushalayim is, hulle vrywillig beskikbaar gestel vir die huis van God, om dit weer op te rig op sy plek. Hulle het volgens hulle vermoë gegee vir die finansiering van die werk: een en sestig duisend drams (0,6 ton) goud, vyf duisend manim (net meer as 3 ton) silwer en ’n honderd kledingstukke vir die priesters.

