Prediker 6
6
1Daar is ’n boosheid wat ek gesien het onder die son en dit is algemeen onder die mens:
2daar is ’n man aan wie God rykdom, skatte en eer gegee het sodat hy niks kortkom vir sy lewe van alles wat hy begeer nie, tog stel God hom nie in staat om daarvan te eet nie, maar ’n vreemdeling eet dit. Dit is kortstondig en ’n bose siekte.
3As ’n man honderd kinders verwek en baie jare lewe en die dae van sy jare baie is en sy lewe is nie gevul met goeie dinge en hy ook nie ’n begrafnis het nie, dan sê ek dat ’n miskraam beter is as hy,
4want hy kom in met kortstondigheid en gaan in duisternis in en sy naam sal in duisternis bedek wees.
5Meer nog, hy het nie die son gesien of enige iets geken nie, tog het hierdie een meer rus as die ander;
6ja, al lewe hy ook twee maal duisend jaar en het tog geen goeie gesien nie; gaan almal nie na een plek toe nie?
7Al die harde werk van ’n man is vir sy mond en tog word sy honger nie bevredig nie.
8Watter voordeel het die wyse man oor die dwaas. Weet die arm man hoe om deur die lewe te gaan?
9Die aanskouing met die oë is beter as die geswerf van die begeerte. Ook dit is kortstondig en ’n ergernis van die gees.
10Dit wat vroeër was, is reeds genoem en die natuur van die mens is bekend en hy kan nie die oordeel betwis teen Hom wat sterker is as hy nie.
11Aangesien daar baie dinge is wat kortstondigheid vermeerder, watter voordeel het die mens?
12Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy waardelose lewe wat hy soos ’n skaduwee deurbring? Want wie verklaar aan die mens wat ná hom onder die son sal wees?
Tans Gekies:
Prediker 6: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.