Prediker 4
4
1Ek het omgedraai en al die onderdrukkings gesien wat onder die son gedoen word en let op, die trane van die onderdruktes en hulle het geen trooster gehad om hulle te bevry uit die hand van hulle onderdrukker nie, met geen krag of hulp nie;
2daarom het ek die dooies wat reeds gesterf het, geprys bo die lewendes wat nog lewe,
3maar hy wat nog nie gebore is nie, is beter daaraan toe as albei van hulle, want hy het nie die bose werke gesien wat onder die son gedoen word nie.
4Toe het ek gesien dat al die harde werk en dade suksesvol is omdat een meer ywerig is as sy buurman. Ook dit is kortstondig en ’n ergernis van gees.
5Die dwaas vou sy hande saam en ly honger. Spr 24:30-34
6Een handvol met rustigheid is beter as altwee hande vol met moeite en ergernis van gees.
7Toe het ek omgedraai en weer kortstondigheid gesien onder die son:
8wanneer daar maar een man is, sonder ’n tweede en hy het geen seun of broer nie, is daar geen einde aan al sy werk nie. Sy oë word ook nie bevredig deur rykdom nie en hy sê ook nie: “Vir wie werk ek en ontneem my lewe van die goeie nie?” Ook dit is kortstondig en ’n vreeslike ergernis van gees.
9Twee is beter as een, want hulle het ’n goeie beloning vir hulle harde werk,
10want as hulle val, sal die een sy maat optel, maar wee die een wat alleen is wanneer hy val, want daar is niemand om hom op te tel nie.
11Meer nog, as twee bymekaar slaap, sal hulle warm kry, maar hoe kan een alleen warm wees?
12As een te sterk is vir hom, sal twee hom weerstaan en ’n driedubbele tou word nie gou gebreek nie.
13’n Jongman wat arm en wys is, is beter as ’n koning wat oud en dwaas is en nie weet hoe om ’n vermaning te ontvang nie.
14Hy het uit die gevangenis gekom om te heers, want ook in sy eie koninkryk is hy arm gebore.
15Ek het al die lewendes wat onder die son loop, beskou, saam met die jongmanne wat in hulle plek sal opstaan;
16daar is geen einde aan al die mense, selfs van almal wat voor hulle was en ook wat nog na hulle sal kom, sal hulle nie in hulle verbly nie. Ook dit is vir hulle kortstondig en tevergeefs en ’n ergernis van gees.
Tans Gekies:
Prediker 4: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.