2 Kronieke 1:11-12

2 Kronieke 1:11-12 PWL

Toe sê God aan Shlomo: “Omdat dít in jou gedagtes was en jy nie rykdom, eer en die lewe van jou vyande of ’n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jouself gevra het om My volk, waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer, gee Ek ook aan jou die dinge wat jy nie gevra het nie. Ek sal vir jou wysheid, kennis, rykdom, skatte en eer gee soos wat die konings wat voor jou was, nie gehad het nie en niemand ná jou ook sal hê nie.