En hulle het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Here, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En wit klere is aan elkeen van hulle gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog 'n kort tydjie sou rus, totdat ook hulle medediensknegte en hulle broers vervul sou word wat gedood sou word soos hulle.
Lees Openbaring 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 6:10-11
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's