Psalms 14:1-3

Psalms 14:1-3 CAB23

Die dwaas het in sy hart gesê: Daar is geen God nie. Hulle is korrup, hulle het gruwelike werke gedoen, daar is niemand wat goed doen nie. Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand was wat verstaan en God soek. Hulle het almal eenkant toe gegaan, almal saam het hulle vuil geword; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.