Markus 10:13-16

Markus 10:13-16 CAB23

En hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en sy dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf. Maar toe Jesus dit sien, was Hy baie ontevrede en sê vir hulle: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, hy sal daar nie ingaan nie. En hy het hulle in sy arms geneem, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid