Matteus 9:9-13

Matteus 9:9-13 CAB23

En toe Jesus daarvandaan weggaan, sien Hy 'n man met die naam van Matteus by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en hom gevolg. En terwyl Jesus in die huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars en gaan sit saam met Hom en sy dissipels. En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het nie 'n geneesheer nodig nie, maar die wat siek is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offer nie, want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid