Lukas 9:57-59

Lukas 9:57-59 CAB23

En terwyl hulle op die pad gegaan het, het 'n sekere man vir Hom gesê: Here, ek sal U volg waar U ook al gaan. En Jesus sê vir hom: Jakkalse het gate en voëls van die hemel neste; maar die Seun van die mens het geen plek om sy hoof neer te lê nie. En hy sê vir 'n ander: Volg My. Maar hy sê: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.