Johannes 21:15-17

Johannes 21:15-17 CAB23

Toe hulle dan geëet het, sê Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My meer lief as hulle? Hy sê vir hom: Ja, Here! jy weet dat ek jou liefhet. Hy sê vir hom: Wei my lammers. Hy sê weer vir hom vir die tweede keer: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Hy sê vir hom: Ja, Here! jy weet dat ek jou liefhet. Hy sê vir hom: Laat my skape wei. Hy sê vir die derde keer vir hom: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus was bedroef omdat hy die derde keer vir hom gesê het: Het jy My lief? En hy sê vir hom: Here, U weet alles; jy weet dat ek jou liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid