Jeremia 32:37-41

Jeremia 32:37-41 CAB23

Kyk, Ek sal hulle versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot toorn; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon. En hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees. En Ek sal hulle een hart en een weg gee, dat hulle My vir ewig kan vrees, tot voordeel van hulle en hulle kinders ná hulle. En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek van hulle nie sal afwyk om aan hulle goed te doen nie; maar Ek sal my vrees in hulle harte gee, dat hulle van My nie sal wyk nie. Ja, Ek sal my oor hulle verheug om aan hulle goed te doen, en Ek sal hulle verseker in hierdie land plant met my hele hart en met my hele siel.