Haggai 2:7-9

Haggai 2:7-9 CAB23

En Ek sal al die nasies laat skud, en die begeerte van al die nasies sal kom; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vul, spreek die HERE van die leërskare. Die silwer is myne en die goud is myne, spreek die HERE van die leërskare. Die heerlikheid van hierdie laaste huis sal groter wees as van die vorige, spreek die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.