Genesis 4:17-24

Genesis 4:17-24 CAB23

En Kain het sy vrou geken; en sy het swanger geword en Henog gebaar; en hy het 'n stad gebou en die stad na die naam van sy seun Henog genoem. En vir Henog is Irad gebore, en Irad was die vader van Mehujael, en Mehujael was die vader van Metúsael, en Metúsael was die vader van Lameg. Lameg het vir hom twee vroue geneem: die naam van die een was Ada en die naam van die ander Silla. Ada het Jabal gebaar; hy was die vader van die wat in tente woon en van die wat vee het. En die naam van sy broer was Jubal; hy was die vader van almal wat die siter en die orrel hanteer. Silla, het ook Tubalkain gebaar, 'n opvoeder van elke kunstenaar in koper en yster; en die suster van Tubalkain was Naäma. Toe sê Lameg aan sy vroue: Ada en Silla, Hoor my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord, want ek het 'n man tot my wond gedood en 'n jongman tot my leed. As Kain sewevoudig gewreek sal word, waarlik Lameg sewe-en-sewentigvoudig.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid