Ná hierdie dinge het God Abraham versoek en vir hom gesê: Abraham! en hy het gesê: Kyk, hier is ek. En hy sê: Neem nou jou seun, jou enigste seun Isak, wat jy liefhet, en gaan na die land Moria; en offer hom daar as brandoffer op een van die berge waarvan Ek jou sal vertel. Abraham het die môre vroeg opgestaan en sy esel opgesaal en twee van sy jongmanne en sy seun Isak saamgeneem en die hout gekloof vir die brandoffer, en hy het opgestaan en gegaan na die plek waarvan God vir hom gesê het. Toe slaan Abraham op die derde dag sy oë op en sien die plek van ver af. Abraham sê aan die jongmanne: Bly hier by die esel; ek en die seun sal daarheen gaan en aanbid en weer na julle toe kom. Abraham het die hout van die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gelê; en hy het die vuur in sy hand geneem en 'n mes; en hulle het al twee saam gegaan. Isak het met sy vader Abraham gespreek en gesê: My vader. Hier is ek, my seun. En hy sê: Daar is die vuur en die hout, maar waar is die lam as brandoffer? Toe sê Abraham: My seun, God sal vir Homself 'n lam as brandoffer voorsien; en hulle het al twee saam gegaan. Hulle het by die plek gekom waarvan God hom vertel het; en Abraham het daar 'n altaar gebou en die hout reggemaak en sy seun Isak gebind en hom op die altaar op die hout neergelê. Abraham het sy hand uitgesteek en die mes geneem om sy seun dood te maak. En die Engel van die HERE het na hom uit die hemel geroep en gesê: Abraham, Abraham! en hy het gesê: Hier is ek. En hy sê: Moenie jou hand op die seun lê nie, en doen hom niks nie, want nou weet ek dat jy God vrees, omdat jy jou seun, jou enigste seun nie van my teruggehou het nie. Toe slaan Abraham sy oë op en kyk, en daar was 'n ram wat agter hom in 'n bos aan sy horings vasgevang het; en Abraham het gegaan en die ram geneem en hom as brandoffer geoffer in die plek van sy seun.
Lees Genesis 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 22:1-13
8 Days
Drawing on James Spencer's book titled Useful to God: Eight Lessons from the Life of D. L. Moody, this Bible Plan examines eight characteristics evident in the Scriptures and in the life of 19th century evangelist Dwight Moody (e.g., surrendered, prayerful, humbled, undistracted, and studious). A free guide including these reflections along with activities and additional devotional content is also available for download from D. L. Moody Center.
9 Days
Taken from the book, Giving It All Away…and Getting It All Back Again, David Green, founder and CEO of Hobby Lobby, shares that a generous life pays the best rewards personally, offers a powerful legacy to your family, and changes those you touch.
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
12 Days
Do you ever feel like you’re trapped inside a choose-your-own-adventure book with someone else doing the choosing? Moms are right. Our choices actually do matter—a lot. This Life.Church Bible Plan accompanies Craig Groeschel’s messages into some of the most powerful choices anyone can make. Maybe we can't always pick our own adventures, but we can choose purpose, prayer, surrender, discipline, love, and importance.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's