Eksodus 29:44-46
Eksodus 29:44-46 CAB23
En Ek sal die tent van samekoms en die altaar heilig; Ek sal ook Aäron en sy seuns heilig om My in die priesteramp te bedien. En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle 'n God wees. En hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het, dat Ek onder hulle kan woon: Ek is die HERE hulle God.

