Eksodus 10:24-29
Eksodus 10:24-29 CAB23
Toe het Farao Moses geroep en gesê: Gaan dien die HERE; laat net julle kleinvee en julle beeste bly staan; laat julle kindertjies ook saam met julle gaan. Toe sê Moses: U moet ook vir ons slagoffers en brandoffers gee, dat ons aan die HERE onse God kan offer. Ook ons vee sal saam met ons gaan; daar mag geen klou agterbly nie; want daarvan moet ons neem om die HERE onse God te dien; en ons weet nie waarmee ons die HERE moet dien totdat ons daarheen gekom het nie. Maar die HERE het Farao se hart verhard, en hy het hulle nie laat gaan nie. Toe sê Farao vir hom: Gaan weg van my af, pas op vir jouself, sien my aangesig nie meer nie; want in dié dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe. Toe sê Moses: Jy het goed gepraat, ek sal jou aangesig nie meer sien nie.

