Handelinge 6:1-2

Handelinge 6:1-2 CAB23

En in daardie dae, toe die getal van die dissipels vermeerder het, het daar 'n murmurering van die Grieke teen die Hebreërs ontstaan, omdat hulle weduwees in die daaglikse bediening verwaarloos was. Toe roep die twaalf die menigte van die dissipels na hulle en sê: Dit is geen rede dat ons die woord van God moet verlaat en tafels moet bedien nie.