Handelinge 12:20-25
Handelinge 12:20-25 CAB23
En Herodes was hoogs ontevrede met die van Tirus en Sidon, maar hulle het eendragtig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die hofdienaar van die koning, hulle vriend gemaak het, het hulle vrede begeer; omdat hulle land deur die koning se land gevoed is. En op 'n vasgestelde dag het Herodes, geklee in koninklike klere, op sy troon gaan sit en 'n rede tot hulle gespreek. En die volk het 'n geroep en gesê: Dit is die stem van 'n god en nie van 'n mens nie. En dadelik het die engel van die Here hom geslaan, omdat hy aan God die eer nie gegee het nie; Maar die woord van God het gegroei en vermeerder. En Bárnabas en Saulus het teruggekeer van Jerusalem af, nadat hulle hul bediening volbring het, en Johannes, wie se naam ook Markus was, saamgeneem.


