Handelinge 11:22-24

Handelinge 11:22-24 CAB23

Toe het die tyding van hierdie dinge tot die ore gekom van die gemeente wat in Jerusalem was, en hulle het Bárnabas uitgestuur om tot by Antiogië te gaan. Toe hy gekom het en die genade van God gesien het, was hy bly en het hulle almal vermaan dat hulle met 'n voorneme van hart die Here sou aanhang. Want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en van geloof, en baie mense is bygevoeg tot die Here.