Romeine 10:17-19
Romeine 10:17-19 AFR20
Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus. Ek vra egter: “Het hulle dit dan nie gehoor nie?” Inderdaad, want: “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan, en hulle woorde tot by die uithoeke van die bewoonde wêreld.” Ek vra weer: “Het Israel dit dan nie verstaan nie?” Eers sê Moses: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat geen volk is nie; oor 'n onkundige volk gaan Ek julle kwaad maak.”








