Psalms 121:3-7

Psalms 121:3-7 AFR20

Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; jou Beskermer sal nie insluimer nie. Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die HERE is jou Beskermer; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. Bedags sal die son jou nie skaad nie, en snags ook nie die maan nie. Die HERE sal jou beskerm teen elke onheil; Hy sal jou lewe beskerm.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 121:3-7