Markus 3:1-5

Markus 3:1-5 AFR20

Jesus het weer die •sinagoge binnegegaan. Daar was 'n man met 'n verdorde hand. Hulle het Hom dopgehou om te sien of Hy hom op die Sabbat sou gesond maak, sodat hulle Hom kon aankla. Hy sê toe vir die man met die verdorde hand: “Kom staan hier tussen hulle!” En Hy sê vir hulle: “Is dit toelaatbaar om op die Sabbat goed te doen, of sleg te doen, om 'n lewe te red, of om dood te maak?” Hulle het egter stilgebly. Nadat Hy woedend in die rondte na hulle gekyk het, diep bedroef oor die hardheid van hulle harte, sê Hy vir die man: “Steek uit jou hand!” Die man het sy hand uitgesteek, en dit het gesond geword.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid