Daardie selfde dag het Jesus, nadat Hy van die huis vertrek het, langs die see gaan sit. 'n Groot skare het om Hom saamgedrom, sodat Hy in die boot geklim het om daar te gaan sit. Die hele skare het op die strand bly staan. Hy het dikwels met hulle deur gelykenisse gepraat. Hy het gesê: “Kyk, 'n saaier het uitgegaan om te saai. Tydens die saaiery het 'n deel van die saad langs die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. Ander saad, weer, het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie, en dit het dadelik opgekom, omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son opkom, is dit verskroei; omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. Ander saad weer het tussen die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik. En nog ander het op goeie grond geval, en dit het opbrengs gelewer – party honderd-, ander sestig- en ander dertigvoudig. Laat dié wat ore het, luister!”
Lees Matteus 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 13:1-9
6 dae
Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's