Matteus 11:2-19

Matteus 11:2-19 AFR20

Toe Johannes in die tronk verneem wat Christus alles doen, het hy sy dissipels gestuur om Hom te vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons iemand anders verwag?” Jesus het hulle geantwoord: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: “Blindes sien weer en verlamdes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die goeie boodskap verkondig. “En gelukkig is die mens wat nie aan My aanstoot neem nie. ” Met hulle vertrek het Jesus begin om met die skare oor Johannes te praat: “Maar wat wou julle gaan sien toe julle na die woestyn uitgegaan het? 'n Riet wat deur die wind heen en weer geruk word? Maar wat wou julle dan gaan sien? 'n Man met deftige klere aan? Kyk, mense met deftige klere woon in konings se paleise. Maar wat wou julle dan gaan sien? 'n Profeet? Ja, Ek verseker julle, selfs meer as 'n profeet. Hy is die een oor wie geskryf staan: “ ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit – hy sal jou pad voor jou gereedmaak.’ “•Amen, Ek sê vir julle: Onder diegene wat uit vroue gebore is, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie; en tog is die geringste in die •koninkryk van die hemele groter as hy. Maar sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe ly die koninkryk van die hemele onder geweld en probeer geweldenaars dit in besit neem. Want al die Profete en die Wet, tot en met Johannes, het daaroor geprofeteer. En as julle dit wil aanvaar – hy is Elia wat sou kom. Laat dié wat ore het, luister! “Maar met wie kan Ek hierdie geslag vergelyk? Hulle is soos kindertjies wat op die markpleine sit en na mekaar roep, “ ‘Ons het vir julle fluit gespeel, maar julle wou nie dans nie; ons het 'n treurlied gesing, maar julle wou nie weeklaag nie!’ “Want Johannes het gekom, en hy eet en drink nie, “en hulle sê, “ ‘Hy is van 'n demoon besete.’ “Die •Seun van die Mens het gekom, en Hy eet en drink, “en hulle sê, “ ‘Kyk, Hy is 'n vraat en 'n suiplap, 'n vriend van •tollenaars en sondaars.’

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 11:2-19

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid