Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Job 9:4-14

Job 9:4-14 AFR20

God wat wys van hart en sterk in vermoë is – wie was al in verset teen Hom en het ongedeerd daarvan afgekom? Hy is die een wat berge verskuif sonder dat hulle dit agterkom, wat hulle in sy toorn omkeer; Hy wat die aarde uit sy plek skud, sodat sy pilare bewe; Hy wat die son aanspreek, sodat dit nie skyn nie, en wat so die sterre verseël; wat die hemel oopspan, Hy alleen, wat op die see se rûe trap; wat die sterrebeeld van die Leeu, Orion en die Sewester gemaak het, ook die kamers van die suide; wat groot en ondeurgrondelike dinge, ontelbare wonders, doen. Kyk, Hy kom langs my verby, maar ek sien Hom nie raak nie. Hy gaan verby, maar ek gewaar Hom nie. Kyk, Hy ruk weg; wie kan Hom teenhou? Wie kan vir Hom sê, ‘Wat doen U?’ God wend nie sy toorn af nie – onder Hom kruip die helpers van Rahab. Hoe kan ék my dan teen Hom verweer, my woorde in verweer teen Hom kies,