Toe, op 'n dag, terwyl sy seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, kom daar 'n boodskapper by Job aan en sê: “Die beeste was aan die ploeg, en die donkiemerries het langsaan gewei; toe loods die Sabeërs 'n aanval en vat hulle. Hulle het die werkers met die skerpte van die swaard neergevel. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.” Terwyl dié een nog besig is om te praat, kom 'n ander een daar aan en sê: “Die vuur van God het uit die hemel geval en die kleinvee en werkers verbrand en verteer. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.” Terwyl dié een nog besig is om te praat, kom 'n ander een daar aan en sê: “Galdeërs het drie eenhede opgestel, 'n plundertog uitgevoer op die kameeltroppe en hulle gevat. Hulle het die werkers met die skerpte van die swaard neergevel. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.” Terwyl dié een nog besig is om te praat, kom 'n ander een daar aan en sê: “U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis, toe daar onverwags 'n sterk wind van die woestyn se kant af kom en die vier hoeke van die huis tref. Dit het op die jongmense ingestort en hulle het gesterf. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.” Job het toe opgestaan, sy mantel geskeur, sy kop kaal geskeer, op die grond neergeval en in aanbidding gebuig. Hy het gesê: “Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek na die skoot van die aarde terugkeer. Die HERE het gegee en die HERE het geneem. Mag die Naam van die HERE geprys word! ”
Lees Job 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Job 1:13-21
5 Days
Death affects us all but how do we cope when we lose a loved one? This plan provides hope and comfort in the midst of grief.
These are unprecedented times for those of us who are alive on planet earth at this moment. Historically, we can find hope if we turn to the One who made it all and is Lord of all. What does the Bible say about why these things happen, what is God’s response to it, and what is my hope in life and death?
7 Days
Unemployment can challenge us spiritually, physically, mentally and emotionally. This 7-day plan will help you seek God in the midst of the difficulties of unemployment.
Suffering is the one experience which binds all of humankind together. But why does it exist? What purpose does it serve? Like so many of us, Job was a person who didn’t deserve the immense pain that entered his life. It was at his lowest point when God showed up and provided one of the most challenging and powerful answers to the problem of pain the world has ever heard.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's