Jesaja 53:2-5

Jesaja 53:2-5 AFR20

Hy het soos 'n jong loot voor Hom opgegroei, soos 'n wortelstok uit droë grond. Hy het nie 'n gestalte gehad, geen glans, dat ons na hom sou kyk nie, nie 'n goeie voorkoms, dat ons hom sou begeer nie. Hy is verag, deur mense verlaat, 'n mens van smarte, bekend met siekte, soos iemand vir wie 'n mens jou gesig verberg. Hy is verag, en ons het hom nie geag nie. Nogtans, ons siektes, hy het dit gedra, en ons smarte, hy het dit op hom gelaai. Maar ons het hom beskou as iemand wat gekasty word, geslaan deur God, en verneder. Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing.

Versbeelde vir Jesaja 53:2-5

Jesaja 53:2-5 - Hy het soos 'n jong loot
voor Hom opgegroei,
soos 'n wortelstok uit droë grond.
Hy het nie 'n gestalte gehad,
geen glans,
dat ons na hom sou kyk nie,
nie 'n goeie voorkoms,
dat ons hom sou begeer nie.
Hy is verag, deur mense verlaat,
'n mens van smarte,
bekend met siekte,
soos iemand vir wie 'n mens
jou gesig verberg.
Hy is verag,
en ons het hom nie geag nie.
Nogtans, ons siektes,
hy het dit gedra,
en ons smarte,
hy het dit op hom gelaai.
Maar ons het hom beskou
as iemand wat gekasty word,
geslaan deur God, en verneder.
Hy is egter deurboor
oor ons oortredings,
verbrysel oor ons sondeskuld.
Die straf wat ons vrede bewerk,
was op hom,
en deur sy wonde is daar
vir ons genesing.Jesaja 53:2-5 - Hy het soos 'n jong loot
voor Hom opgegroei,
soos 'n wortelstok uit droë grond.
Hy het nie 'n gestalte gehad,
geen glans,
dat ons na hom sou kyk nie,
nie 'n goeie voorkoms,
dat ons hom sou begeer nie.
Hy is verag, deur mense verlaat,
'n mens van smarte,
bekend met siekte,
soos iemand vir wie 'n mens
jou gesig verberg.
Hy is verag,
en ons het hom nie geag nie.
Nogtans, ons siektes,
hy het dit gedra,
en ons smarte,
hy het dit op hom gelaai.
Maar ons het hom beskou
as iemand wat gekasty word,
geslaan deur God, en verneder.
Hy is egter deurboor
oor ons oortredings,
verbrysel oor ons sondeskuld.
Die straf wat ons vrede bewerk,
was op hom,
en deur sy wonde is daar
vir ons genesing.