Dit is my Heer, die HERE, wat aan my 'n vaardige tong gegee het, sodat ek kan weet hoe om vermoeides met 'n boodskap op te beur. Elke oggend maak Hy my wakker; Hy wek my oor om soos 'n leerling te luister. My Heer, die HERE, het my ore oopgemaak, en ek, ja, ek was nie opstandig nie; teruggedeins het ek nie. My rug het ek gehou vir hulle wat slaan, en my wange vir hulle wat baard uitpluk. My gesig het Ek nie verberg vir beledigings en spuug nie. Dit is my Heer, die HERE, wat my te hulp kom; daarom voel ek nie verneder nie; daarom het ek my gesig soos vuurklip gemaak. Ek het geweet dat ek nie beskaamd sou staan nie. Hy wat my reg handhaaf, is naby. Wie sal teen my 'n regstryd voer? Laat ons saam plek inneem! Wie is die teenstander in my saak? Laat hy nader kom!
Lees Jesaja 50
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 50:4-8
15 dae
Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n positiewe inspuiting vir jou gebedslewe! Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's