Jesaja 45:5-7
Jesaja 45:5-7 AFR20
Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen god nie. Ek omgord jou, al het jy My nie geken nie, sodat hulle van waar die son opkom, en van waar hy ondergaan, kan weet dat daar niks is buiten My nie. Ek is die HERE, en daar is geen ander nie – die Een wat die lig vorm en die duisternis skep, wat voorspoed bewerk en onheil skep. Ek, die HERE, bewerk al hierdie dinge.


