Jesaja 1:11-16

Jesaja 1:11-16 AFR20

“Wat baat julle magdom slagoffers My?” vra die HERE. “Ek het genoeg gehad van die •brandoffers van ramme en die vet van gevoerde diere. Die bloed van bulle, lammers en bokramme staan My nie aan nie. Wanneer julle kom om voor My te verskyn – wie eis dit van julle om my voorhowe te vertrap? Hou op om waardelose •graanoffers aan te dra! Reukwerk – afstootlik is dit vir My. Nuwemaansfeeste en Sabbatte, die saamroep van byeenkomste – Ek kan nie onreg én gewyde rusdae verdra nie. Julle nuwemane en vaste feestye haat Ek met my hele wese; dit is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor om dit te dra. As julle julle hande uitstrek, sluit Ek my oë vir julle. Selfs as julle baie bid, luister Ek nie. Julle hande is vol bloed. Was julle! Reinig julle! Verwyder julle bose dade voor my oë! Hou op om kwaad te doen!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid