Hebreërs 3:8-17

Hebreërs 3:8-17 AFR20

moenie julle harte verhard, soos tydens die opstand die dag van versoeking in die woestyn, toe julle voorouers My versoek en beproef het nie, al het hulle my dade gesien – veertig jaar lank. Daarom het my toorn ontvlam teenoor hierdie geslag, en het Ek gesê, ‘In hulle harte is hulle altyd op 'n dwaalspoor, en my paaie wou hulle nie leer ken nie.’ So het Ek in my toorn gesweer, ‘Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!’ ” Broers, waak daarteen dat nie een van julle ooit 'n bose hart vol ongeloof kry deur van die lewende God afvallig te word nie. Maar spoor mekaar elke dag aan, solank daar nog van “vandag” sprake is, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. Ons het inderdaad deelgenote van •Christus geword, mits ons enduit stewig bly vashou aan ons aanvanklike geloofsvertroue – soos gesê word: “Vandag, as julle sy stem hoor, moenie julle harte verhard, soos tydens die opstand nie.” Wie was dit wat gehoor het, maar nietemin in opstand gekom het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte uitgetrek het nie? Op wie was Hy veertig jaar lank toornig? Was dit nie op hulle wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn gelê het nie?

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid