Haggai 2:7-9
Haggai 2:7-9 AFR20
Ek sal al die nasies laat bewe en hulle sal kom met al hulle skatte en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vul,’ sê die HERE, Heerser oor alle magte. ‘Aan My behoort die silwer en aan My behoort die goud,’ is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte. ‘Die heerlikheid van hierdie huis sal groot wees, nog groter as tevore,’ sê die HERE, Heerser oor alle magte. ‘En op hierdie plek sal Ek vrede gee,’ is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte.”



