Genesis 17:1-6

Genesis 17:1-6 AFR20

Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik! Ek wil my verbond tussen My en jou bekragtig en jou buitengewoon laat vermeerder.” Abram het neergeval met sy gesig teen die grond, en God het met hom gepraat: “Wat My betref, kyk, my verbond met jou is: Jy sal die vader van 'n menigte nasies word. Jy sal nie meer Abram genoem word nie. Jou naam sal Abraham wees, want vader van 'n menigte nasies maak Ek jou. Ek sal jou besonder vrugbaar maak en jou tot nasies maak. Konings sal uit jou voortkom.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 17:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid