Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Eksodus 3:1-6

Eksodus 3:1-6 AFR20

Moses het sy skoonvader, Jetro, die priester van Midian, se kleinvee opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag en uitgekom by die berg van God, by Horeb. Daar het die •Engel van die Here aan hom verskyn in 'n vuur wat uit 'n doringbos opvlam. Moses het gesien daar is 'n doringbos aan die brand, maar dié doringbos word sowaar nie verteer nie. Toe dink Moses, ek moet afdraai, sodat ek na hierdie buitengewone verskynsel kan kyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie? Toe die Here sien dat hy afgedraai het om dit van nader te bekyk, het God na hom geroep uit die doringbos: “Moses! Moses!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” Toe sê die Here: “Moenie nader kom nie. Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.” Daarop sê Hy: “Ek is die God van jou voorvader, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Moses het sy gesig bedek, want hy was bang om na God te kyk.

Video vir Eksodus 3:1-6

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 3:1-6