Eksodus 20:18-21

Eksodus 20:18-21 AFR20

Toe die hele volk die donderslae hoor en die weerlig sien, asook die geluid van die •ramshoring, en die berg wat rook, was hulle bang en het gebewe. Hulle het op 'n afstand bly staan en vir Moses gesê: “Praat u met ons, en ons sal luister. Maar God moet nie met ons praat nie, sodat ons nie sterf nie.” Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie, want dit is om julle te toets dat God gekom het, sodat die ontsag vir Hom deel van julle lewe sal wees en julle nie sondig nie.” Die volk het op 'n afstand bly staan, en Moses het nader gegaan na die diepe duisternis waar God was.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid