Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Handelinge 3:1-10

Handelinge 3:1-10 AFR20

Op die negende uur, die uur van gebed, was •Petrus en Johannes na die tempelterrein op pad. 'n Man, verlam van sy geboorte af, is daarheen gedra. Hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort bekend as Mooipoort, om by die mense wat die tempelterrein binnegaan, om 'n aalmoes te vra. Toe hy sien dat Petrus en Johannes op die punt was om die tempelterrein binne te gaan, het hy gevra om 'n aalmoes te ontvang. Petrus, vergesel van Johannes, het stip na hom gekyk en gesê: “Kyk na ons!” Hy het toe na hulle gekyk in die verwagting om iets van hulle te ontvang. Maar Petrus het gesê: “Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop! ” Hy het hom aan sy regterhand gegryp en opgehelp. Onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. Hy het opgespring, regop bly staan, rondgestap, en toe saam met hulle die tempelterrein binnegegaan, terwyl hy loop en spring en God prys. Die hele volk het gesien hoe hy God loop en prys. Hulle het hom herken as die een wat by die Mooipoort van die tempelterrein gesit het met die oog op aalmoese, en hulle was vol verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.