2 Samuel 15:25-29

2 Samuel 15:25-29 AFR20

Die koning sê toe vir Sadok: “Neem die ark van God terug na die stad. As ek guns vind in die oë van die HERE, sal Hy my laat terugkeer en my weer die ark en sy staanplek laat sien. Maar as Hy sou sê, ‘Ek is nie tevrede met jou nie,’ wel, ek is gereed; Hy kan met my doen wat goed is in sy oë.” Die koning het verder vir Sadok, die priester, gesê: “Sal jy op die uitkyk bly? Gaan in vrede terug na die stad, jy en jou seun Agimaäs, en Jonatan, seun van Abjatar – julle twee se seuns moet by julle wees. Wees op die uitkyk. Ek sal by die deurgaanplekke na die woestyn vertoef totdat daar van julle af berig kom om my op hoogte te bring.” Sadok en Abjatar het toe die ark van God teruggeneem na Jerusalem, en hulle het daar gebly.