1 Timoteus 1:9-15

1 Timoteus 1:9-15 AFR20

omdat hy besef dat die wet nie bedoel is vir die •regverdige nie, maar juis vir die wetteloses en ongehoorsames, vir die goddeloses en sondaars, vir die onheiliges en wêreldlinge, vir diegene wat hulle vaders en moeders doodmaak en mense vermoor, vir hoereerders, vir mans wat met mans intiem verkeer, vir diegene wat mense ontvoer, leuens vertel, meineed pleeg of enigiets anders doen wat, volgens die evangelie van die heerlikheid van die lofwaardige God wat aan my toevertrou is, indruis teen die gesonde leer. Ek dank Hom wat my versterk het, •Christus Jesus, ons Here, omdat Hy my betroubaar geag het toe Hy my in sy diens aangestel het – vir my wat voorheen 'n lasteraar, 'n vervolger en 'n geweldenaar was. Nogtans is ek begenadig, omdat ek uit ongeloof onkundig opgetree het. Ons Here se genade oor my was oorvloedig, en daarmee saam ook nog die geloof en liefde wat daar in Christus Jesus is. Dié uitspraak is betroubaar, en werd om ten volle aanvaar te word, dat Christus Jesus na die wêreld gekom het om sondaars te verlos, van wie ek die heel grootste is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Timoteus 1:9-15

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid