Stilword-oomblikke saam met God vir vroue
7 Dae
As jy alleen voel, nie seker is wat jy volgende moet doen nie of God uit die oog verloor het, bid dat God sy wonderbaarlike teenwoordigheid aan jou sal openbaar. Want God is by jou, net soos Hy by die Israeliete in die woestyn was. Hy lei, beskerm en vertroos jou met elke tree op jou pad. Nancy Taylor gesels vir sewe dae met jou oor God se teenwoordigheid. Jy kan weet dat God altyd agter die skerms aan die werk is, en as jy glo, sal jy sy teenwoordigheid en seën op onverwagte maniere ervaar.