Hooglied 2:10-13
Hooglied 2:10-13 ABA
Die man vir wie ek lief is, begin praat, hy sê vir my: ‘My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom. Want kyk, die winter is verby, dit reën nie meer nie. Daar is weer blomme in die veld, dit is nou die tyd om te sing, ek hoor die duiwe koer in ons land. Die vyeboom laat sy vye groot word, jy kan ruik dat die wingerdstokke blomme kry. My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom.




