Die gelowiges het hard geskree en gevra: “Here, U wat heilig is en wat altyd dieselfde bly, hoe lank sal dit nog wees voordat U die mense op die aarde sal oordeel en hulle sal straf omdat hulle ons doodgemaak het?” Toe het God vir hulle elkeen wit klere gegee. En Hy het vir hulle gesê hulle moet 'n kort tydjie wag, want die mense sal nog ander dienaars van God ook doodmaak. Hulle moet wag totdat daardie ander gelowiges ook almal dood is.
Lees Openbaring 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 6:10-11
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's