Openbaring 13:11-12
Openbaring 13:11-12 ABA
Toe sien ek 'n ander dier wat uit die aarde kom. Hy het twee horings gehad, dit was soos 'n lam se horings. Maar hy het gepraat soos 'n draak. En die dier uit die aarde het regeer in die plek van die eerste dier, die dier wat uit die see gekom het. Die dier uit die aarde het vir die mense op die aarde gesê hulle moet die eerste dier aanbid, die dier wat 'n groot seerplek gehad het en wat amper gesterf het, maar wat weer gesond geword het.


