Psalms 119:18-24

Psalms 119:18-24 ABA

U moet my oë oopmaak, sodat ek kan sien hoe wonderlik die dinge is wat U vir ons leer. Ek sal nie lank hier op die aarde wees nie, U moet vir my leer wat u gebooie sê. My hart is seer, want ek verlang altyd om te hoor wat U besluit het. U praat kwaai met die hoogmoedige mense, U het hulle vervloek. Hulle is die mense wat nie wil doen wat u gebooie sê nie. U moet keer dat mense my nie spot en verneder nie, want ek doen wat U sê. Ook wanneer belangrike mense saam planne maak teen my, dan sal ek, u dienaar, altyd aan u wette dink. Wat U sê, maak my bly, dit sê vir my wat ek moet doen.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid