Spreuke 7:1-5

Spreuke 7:1-5 ABA

My seun, jy moet onthou wat ek vir jou sê, jy moet goed onthou wat ek sê jy moet doen. Jy moet dit doen sodat jy kan aanhou lewe. Die dinge wat ek vir jou leer, moet vir jou baie belangrik wees. Jy moenie dit vergeet nie, jy moet dit altyd onthou. Wysheid moet vir jou wees soos jou suster, verstand moet wees soos jou goeie vriend. Dan sal dit jou beskerm teen die slegte vrou, die vrou wat nie jou vrou is nie en wat skelm dinge sê.